Hyperlinks




Afrikaans Gedigte

As jy slaap

Ingrid Jonker


As jy slaap

As jy slaap en die verdriete
en selfs ons bitter liefde agterlaat,
is jy maar weer 'n argelose kind
met drome wind'rig oor jou mooi gelaat.

Ag, as die teer nag in jou arms le^,
en sterlig oor jou bors en hare skyn,
is jy maar weer 'n seuntjie weggedwaal
van huis en ouers en hul soete samesyn.

Ag, in jou slaap wil ek jou neem
en aan my bors hou tot die more wyd
oor al die heuwels breek - wil ek jou neem
en terugbring van jou eensaamheid.

Last updated: 23rd February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck