Afrikaans Gedigte

Bataljon Twee

Gilbert Gibson


Bataljon Twee

Soos in die noorde dra my liefde
‘n sonverbleikte brown
stewels wat sagte voete maak oor die
kaplyn, sagte voete op pad na
die deur van die hart na
die seil van die tent, sagte
voete wat in die woordlose stap van
patrollies my nie vertroos nie

soos in die noode kom skaduvure
oor wange blackisbeautiful
gestreep soos brandende hale,
soos van ver ‘n flossie met versterkings,
geëts tee die foute van ‘n
sekelmaan oor die kampdraad:

die ratel van ‘n slot klink
blink, nes die morester
en buite verkondig
die groute nog ’n dag wat
oor die kaplyn gaan breek

Last updated: 22nd February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck