SA Recipies

DADELBROODJIE - BRODE


DADELBROODJIE - BRODE

375g fyn gekerfde dadels       5ml koeksoda

125g margarien in klein blokkies gesny 250ml kookwater

190ml suiker    1 eier, geklits

5ml vanilla essens   500ml meelblom

5ml bakpoeier  125ml gekapte neute

 

Plaas die dadels, margarien en koeksoda in ‘n mengbak.  Gooi kookwater bo-oor.  Roer en laat staan om koud te word.  Klits eier, suiker en vanilla essens goed en gooi by die dadelmengsel.  Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in.  Gooi neute by en meng goed.  Bak 1 uur lank in ‘n voorverhitte oond van 180C in ‘n gesmeerde broodpannetjie.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck