Afrikaans Gedigte

Die mot en die kers

C.J. Langenhoven


Die mot en die kers

Die ander motte is dom en dwaas,
Maar ek sal vér van die kers af bly;
Hier vér uit die skemerte sal ek kyk,
Hier vér is dit veilig en kyk is vry.

Maar ek hoef nie van éénkant net te kyk -
Ek vlieg op dieselfde afstand om,
Dan weet ek van álkant af hoe hy lyk,
Om beter te sorg om nie nader te kom.

My sirkel was skeef en ingebuig,
Maar dáár ook nog, waar ek naaste was,
Het niks gebeur - ek maak verniet
My velling so groot en so vér van die as.

Die wieletjie draai ál vinniger om,
En die lig en die gloed word ál groter genot:
En die vellings word nouer ál rondom die as -
En die end van die wiel is die as van die mot.

Last updated: 23rd February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck