SA Recipies

DIK GROENTESOP - SOP


DIK GROENTESOP - SOP

500ml haricotbone   water

25ml olie 

2 uie of preie gekap

3 wortels, gekap    

3 selderystingels, met blare gekap

2 aartappels, in blokkies gesny    

625ml kool, gerasper

150ml groenbone, in stukkies gesny    

3 biefekstrakblokkies

500ml kookwater    

4 middelslag tamaties, in blokkies

12.5ml sout    

2 ml peper

2 liter water (ongeveer)

 

Week die haricotbone oornag in water. Dreineer dit en bedek dit met 1 liter vars water. Kook die boontjies tot sag. Verpulp die bone of druk dit fyn. Verhit die olie en soteer die groente, behalwe die tamaties ongeveer 15 minute lank daarin totdat dit sag is. Roer dit aanhoudend sodat dit nie aanbrand nie. Los die biefekstrakblokkies op in die kookwater en voeg dit saam met die tamaties en geurmiddels by die groente. Voeg ook die bone by. Plaas die deksel op en laat prut ongeveer 30 minute lank.  Vul die vloeistof aan as dit wegkook.  Daar moet ongeveer 2 liter sop wees.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck