SA Recipies

DOEKPOEDING - POEDINGS


DOEKPOEDING - POEDINGS

5 koppies meelblom      

250ml ontpitte rosyne

5 eiers, geel en wit geskei    

250ml dadels

1½ koppie appelkooskonfyt   

½ teelepel gerasperde neut

250ml botter   

25ml koeksoda

250ml suiker   

½ koppie melk

½ teelepel sout

 

Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by.  Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel.  Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op.  Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse, maak ‘n lekker wynsous smaak heerlik hierby.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck