SA Recipies

DOODEET WORSGEREG


DOODEET WORSGEREG

1 ui   1 soetrissie

25ml sonneblomolie       10ml kerriepoeier

2ml borrie 500ml kookwater

12,5ml blatjang       5ml sout

knypie peper    500g rou boerewors

410g appelkooshelftes    375ml rou rys

grasuie vir garnering (opsioneel)

 

Skil en kap ui fyn. Halveer, en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie. Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minute lank. Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak. Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos helftes oor wors en giet sap ook oor. Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor. Lewer 4-6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck