SA Recipies

GEKRUMMELDE BOELIEBIEF


GEKRUMMELDE BOELIEBIEF

2 x 300g elk boeliebief    250ml droë broodkrummels

5ml paprika     5ml droë mosterd

10ml vars gekapte pietersielie       sout en varsgemaalde swartpeper

3 ekstra groot eiers, geklits    olie vir vlakbraai

 

Sny die boeliebief in vingers of skywe. Meng die broodkrummels met die paprika, mosterdpoeier en pietersielie en geur na smaak. Doop die boeliebiefskywe eers in die eier en dan in die krummelmengsel. Plaas in die yskas sodat die krummelmengsel verstewig. Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die skywe daarin tot goudbruin en bros.Bedien warm op fyn aartappels saam met roerbraaigroente of slaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck