SA Recipies

GENERAAL KOEKIES - KLEIN KOEKIES


GENERAAL KOEKIES - KLEIN KOEKIES

135ml botter of margarien      125ml bruinsuiker

1 groot eier      250ml bruismeel

3ml koeksoda  125ml hawermout

125ml klapper  125ml gesoute grondbone

85ml graanvlokkies, fyngedruk    

 

Room die botter of margarien en bruinsuiker. Voeg die eier by en klits dit goed. Sif die bruismeel  en koeksoda by en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die hawermout, klapper, grondbone en graanvlokkies by en meng goed. Skep lepelsvol van die deeg effens uitmekaar op ‘n liggies gesmeerde bakplaat. Bak dit 10-12 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180C, tot goudbruin.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck