SA Recipies

HEERLIKE AARTAPPELPAN ETE


HEERLIKE AARTAPPELPAN ETE

8 aartappels    25ml margarien

1 groot ui (in skyfies gesny)   2 tamaties (geskil en in skyfies gesny)

2 eiers (geklits)       225ml koue melk

5ml sout   1ml varsgemaalde swartpeper

1ml mosterdpoeier  125ml gerasperde Cheddarkaas

 

Voorverhit die oond tot 180C. Kook die aartappels in soutwater totdat dit sag is, maar nie pap nie en laat dit effens afkoel. Trek die skille af en sny dit in skyfies. Laat dit afkoel. Verhit die margarien in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui daarin totdat dit bruin is. Meng die ui en aartappel baie liggies en skep dit in 'n gesmeerde oondskottel. Rangskik 'n laag tamatieskywe bo-op die aartappellaag. Klits die eiers en melk saam en geur dit met die sout, peper en mosterdpoeier. Gooi die eier mengsel  oor die groente in die oondskottel. Strooi die kaas bo-oor en bak dit ongeveer 1 uur lank op die middelste oondrak. Bedien dit warm met 'n slaai.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck