SA Recipies

HOENDER EN RISSIE ROERBRAAI


HOENDER EN RISSIE ROERBRAAI

4 hoenderborsies, ontvel en in repies gesny  bietjie olie

ertjie peule      1 rooi soetrissie, in repies gesny

4 brandrissies  3 knoffelhuisies, ontvel

2 uie, gekap    1 klein stukkie gemmer

paar vars koljanderblare  90ml sojasous

30ml bruinsuiker     amandels vir garnering

 

Braai die hoender in ‘n bietjie olie in ‘n braaipan tot goudbruin. Skep dit uit en hou eenkant. Soteer die soetrissie en ertjiepeule tot sag. Skep uit en hou eenkant. Soteer die brandrissie, knoffel, uie, gemmer en koljanderblare vir ongeveer 5 minute. Voeg nog ‘n bietjie olie by as dit te min is. Skep die hoender, soetrissie en ertjiepeule terug in die braaipan. Meng die sojasous en bruinsuiker en giet oor die hoender. Braai tot alles deurwarm is. Sit voor met noedels en rond af met koljanderblare en amandels.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck