SA Recipies

HOENDERPASTEI - BREDIES


HOENDERPASTEI - BREDIES

Hierdie romerige kaasdeeg kan ook vir pasteitjies en kleingebak gebruik word.  Die deeg kan tot drie maande bevries word.

 

250ml koekmeel     2ml sout

5ml mosterdpoeier  125g koue botter

125g gladde maaskaas

 

Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met die vingerpunte in tot los en krummelrig. Voeg die maaskaas by en meng tot 'n sagte deeg. Draai die deeg in kleef plastiek toe en verkoel 'n paar uur.

 

VULSEL

675g hoenderborsies, ontvel en ontbeen   500 ml hoenderaftreksel

60g botter   150ml koekmeel

375 ml melk      45ml sjerrie

suurlemoensap  sout en vars gemaalde swartpeper

30g botter   1 middelslag-ui, gekap

3 middelslag-wortels, en in ringe gesny    2 klein selderystingels, in ringe gesny

125ml bevrore ertjies, ontdooi      45ml gekapte vars pietersielie

 

Plaas die vleis en aftreksel in 'n kastrol en laat prut. Verlaag die hitte sodat die vloei stof net borrel. Bedek en laat kook tot gaar. Lig die vleis uit die vloeistof (hou eenkant om vir die witsous te gebruik) en laat effens afkoel. Sny die vleis in blokkies. Gebruik 'n groter kastrol en smelt die botter oor medium hitte. Voeg die koekmeel by en roer terwyl dit 'n minuut kook. Haal van die stoof af, voeg 500 ml van die hoenderaftreksel by en klop tot glad. Klop die melk in en bring oor medium hitte tot prut-punt terwyl jy aanhoudend klop. Voeg die vleis en sjerrie by en kook een minuut. Voeg die suurle-moensap en sout en peper na smaak by. Stel intussen die oond op 180°C. Verhit die  30g botter. Voeg die ui, wortels en seldery by en roerbraai sowat 5 minute.  Roer die groente by die romerige hoendervleis in. Voeg die ertjies en pietersielie by. Skep die hoender-groentemengsel in 'n gesmeerde pasteibak. Rol deeg op 'n meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Plaas bo-oor die vulsel en bak 25 tot 30 minute in die voorverhitte oond.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck