SA Recipies

KERRIE GROENTE BREDIE - BREDIES


KERRIE GROENTE BREDIE - BREDIES

250g gaar, bruin bone     250g stowe lamsvleis

25ml olie 2 ui, gekap

1 knoffelhuisie, gekneus        5ml komynsaad

5ml koljander, fyngemaal       5ml gemengde kruie

2ml matige kerriepoeier 1 groen soetrissie, gekap

250 g murgpampoentjies, in skywe gesny    100g rosyne

8 klein aartappeltjies, halfgaar gekook in die skil 50ml tamatiepuree

250ml geelwortel, in skywe gesny        suiker na smaak

1 klein blomkool, in blommetjies gebreek     sout en per na smaak

1 blokkie biefaftreksel, opgelos in 350ml kookwater   

 

Verhit die olie in 'n pan. Voeg die vleis, uit en knoffel by en soteer tot die vleis bruin is. Voeg die komynsaad, koljander, kruie en kerriepoeier by. Soteer die mengsel vir 'n verdere 2 minute. Voeg die groente en bone by. Giet aftreksel bo-oor en laat die mengsel kook. Meng die tamatiepuree en rosyne by die bonemengsel in. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Voeg smaakmiddels na smaak by. Die mengsel kan vir potjiekos gebruik word.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck