SA Recipies

KERRIE LAMSNIERTJIES


KERRIE LAMSNIERTJIES

30ml margarien       1 groot ui, fyn gekap

15ml koekmeelblom       10ml kerriepoeier

sout en peper na smaak 225ml vleisaftreksel

fyn gekapte pietersielie vir garnering      12.5ml asyn

25ml wit wyn (opsioneel)

750g lamsniertjies, skoongemaak, in dun skyfies gesny.

 

Verhit die margarien in 'n swaarboompan en soteer die ui daarin tot sag. Meng die koekmeelblom, kerriepoeier, sout en peper en strooi dit oor die niertjies.Voeg die niertjies by die ui en soteer dit 5-6 minute lank. Roer die asyn, wyn en aftreksel by en laat dit prut totdat die niertjies gaar en die sous dik is. Garneer met pietersielie en bedien warm.

Lewer 4 porsies

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck