SA Recipies

KERSHAM - BRAAISTUKKE


KERSHAM - BRAAISTUKKE

Kersham word uit die agterboud of skouer van die vark gesny en dan gepekel en gerook. Die ham kan gekook, gebak of oor die kole gaargemaak word.

 

GEKOOK:

Bedek die ham met water en bring tot kookpunt. Prut vir 30 minute per 500g of totdat vleisvesel maklik afgetrek kan word. Laat effens afkoel en verwyder die swoerd. Plaas die ham terug in die vloeistof en laat afkoel. Sny diamantpatrone in die vet. Verglans. (Sien beskrywing)

IN DIE OOND:

Voorverhit die oond tot 160C. Plaas die ham op die rakkie in die oondpan. Bedek heeltemal met tinfoelie. Bak 15-20 minute per 500g. Verwyder die foelie en sny die swoerd af. Sny die vetlagie in diagonale snye sodat diamantvormige blokkies gevorm word.

HOE OM TE VERGLANS:

Meng appelkooskonfyt met 'n bietjie suurlemoensap en voeg mosterdpoeier by. Smeer die mengsel oor die vetlagie van die vleis en bak vir 'n halfuur teen 160C of tot goudbruin.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck