SA Recipies

KITS KAASGEREG


KITS KAASGEREG

10ml olie  1 middelslag ui, gekap

1 groen soetrissie, ontpit en gekap       6 snye volkoringbrood

2 eiers     500ml afgeroomde melk

3 ml sout  5ml paprika

knippie rooipeper     250ml gerasperde kaas

25ml vars, fyngekapte pietersielie

 

Verhit die olie en soteer die ui en soetrissie totdat die ui sag en deurskynend is. Klits 1 eier en 250ml van die melk saam. Halveer die snye brood en week die brood in die eiermengsel. Plaas ‘n laag van die geweekte brood op die boom van ‘n gesmeerde oondskottel en geur dit met van die sout, paprika en rooipeper. Skep van die uiemengsel bo-op en strooi van die kaas bo-oor. Herhaal die lae totdat al die brood opgebruik is. Klits die ander eier saam met die res van die melk en giet dit dan oor die brood. Strooi die orige kaas en die pietersielie oor en bak 20-25 minute lank by 190C totdat die gereg gestol het. Lewer 4-6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck