SA Recipies

KOMKOMMER PIEKELS- PIEKELS


KOMKOMMER PIEKELS- PIEKELS

12 gewone komkommers(Nie Engelse komkommers)  1.25liter warm water

500ml druiwe-asyn  20ml sout

60ml suiker     5 rooi brandrissies ( opsioneel)

16 peperkorrels       8 lourierblare

10ml speserye vir suurtjies     5 knoffelhuisies

 

Moenie die komkommers skil nie.  Krap dit in die lengte met 'n vurk. Sny in kwarte en dan weer in 1cm stukkies. Meng die res van die bestanddele in 'n diep kastrol en verhit. Voeg die komkommer stukke by wanneer die mengsel kook en bring weer tot kookpunt. Verwyder die komkommer stukke met 'n gaatjieslepel en skep uit in gesteriliseerde flesse. Plaas 'n brandrissie in elke bottel. Dreineer die vloeistof in die kastrol deur 'n sif. Skep 'n teelepel van die gedreineerde speserye in elke fles. Maak die flesse goed vol met die gedreineerde vloeistof. Verseël dadelik.

Lewer 5 liter.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck