Afrikaans Gedigte

Leeu in die dieretuin

S.J. Pretorius


Leeu in die dieretuin

Sy sien die maanhaar op die grou beton,
sy ore stomp, sy lang stert spitsgekwas,
geel flikkerende oë in die son,
en wonder of hy soms nie in die gras

waar Pappie Sondag ry graag sou wou speel:
ho wreed om tussen mure ingeperk
te ly...mens voel asof jy hom moet streel
en argloos vat sy aan die traliewerk.

Toe storm hy met donderende gebrul
en gryp die vinger styf van vrees gekrul
en byt deur senings sonder mededoë
en skeur die vleis en been totdat die bloed
'n kabbelende stroom word en ver, soet
groen vlaktes opdans voor sy droewe oë.

Last updated: 24th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck