Hyperlinks




SA Recipies

Lensiesop


Lensiesop

1 pakkie bruin lensies
2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)
1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)
2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens
kapokaartappels
maak)
geurmiddels
Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water
gevul is.
Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerf
word.
Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant
van die rasper.
Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.
Moenie te veel rape ingooi nie.
Ek vind dit maak die sop efffens bitter.
Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en
laat
stadig kook.
Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep
om te
keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.
Vul maar nou en dan aan met water indien nodig.

Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na
smaak by.
'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders
gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck