SA Recipies

MALTABELLA BESKUIT - BESKUIT


MALTABELLA BESKUIT - BESKUIT

500ml Maltabella meel    750ml koekmeelblom

500ml semels    500ml suiker

2ml sout     10ml bakpoeier

10ml kremetart  10ml koeksoda

250g margarien  750ml karringmelk

 

Voorverhit die oond tot 180C. Smeer twee panne met margarien. Meng al die droë bestanddele, insluitende die rysmiddels, in ‘n groot mengbak goed saam. Smelt die margarien. Laat effens afkoel en voeg die karringmelk by. Voeg by die droë bestanddele en meng deeglik deur. Skep in die voorbereide panne en bak sowat 60 minute lank of totdat die toetspen skoon uit die beskuit kom. Keer uit, en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers en plaas op bakplate.  Droog uit by 100C. 

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck