Afrikaans Gedigte

O Land Van Sonlig en Van Sterre

Gustav Preller


O Land Van Sonlig en Van Sterre

O land van sonlig en van sterre,
van onbegrensde, wye velde -
o wilde wêreld van natuur,
o dierb're grond van Afrika,
waar twee geweldige oseane,
hul branders op die rotse donder,
en langs die breedgerekte kuste
die witte seesand bruis en sketter!

Last updated: 24th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck