SA Recipies

OMELET MET SAMPIOENSOP


OMELET MET SAMPIOENSOP

4 repies spekvleis   ½ fyn gekapte soetrissie

1 ui, fyn gekap 226g sampioensop (1blikkie)

30ml melk       4 eiers, effens geklits

knippie peper

 

Sny harde randjies van spekvleis af. Sny spekvleis in klein stukkies en braai bros in groot pan. Skep spekvleis uit. Braai ui en soetrissie in spekvet tot sag. Gooi sop in mengbak, roer tot glad. Roer melk by sop, voeg eiers en peper by. Gooi eiermengsel by uiemengsel. Verhit oor lae hitte. Moenie roer nie. Lig omelet langs kante op sodat rou eier kan inloop. Wanneer gestol, maar nog bo-op klam, strooi gebraaide spek oor en sit voor.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck