SA Recipies

OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD - BRAAISTUKKE


OUMA CORRIE SE SKAAPBOUD - BRAAISTUKKE

500ml water     1 vleisekstrakblokkie

5ml uievlokkies of 1 ui gekap  10ml sout

7,5ml mosterdpoeier       10ml suiker

5ml swartpeper       7,5ml fyn gemmer

2 knoffelhuisies       2kg skaapboud

25ml meelblom       25ml olie

50ml tamatiesous   25ml worcestersous

25ml blatjang   37,5ml botter of margarien, gesmelt

10ml suiker     5ml asyn

1ml Tabascosous    10ml mielieblom

 

Berei die aftreksel die dag vantevore deur die water, vleisaftrekselblokkie en ui 10 min lank saam te kook en dit dan deur ‘n sif te gooi. Ook ‘n dag vantevore: Meng die sout, mosterdpoeier, suiker, swartpeper en gemmer  en vryf dit oor die oppervlakte van die vleis. Laat staan oornag. Stel die oond op 200C. Skil en sny die knoffel in repies. Druk die knoffel op verskeie plekke naby die beeî in die vleis in. Strooi die meelblom oor die vleis. Verhit die olie in die oondpan en plaas die vleis op ‘n vleisrak in die oondpan. Bak die vleis ‘n uur lank in die vooraf verhitte oond. Bedruip elke tien minute met die olie in die pan. Die hitte kan na 30 minute verlaag word. Berei die sous deur die aftreksel wat die vorige dag berei is, met die tamatiesous,. Worcestersous, blatjang, gesmelte botter, suiker, asyn en Tabascosous te meng. Verdik die sous met die mielieblom wat met ‘n bietjie water aangemaak is en gooi dit oor die vleis.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck