SA Recipies

OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI - BREDIES


OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI - BREDIES

1 ui, fyngekap  olie

500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap

sout en varsgemaalde swartpeper  10ml Worcestersous

30ml tamatiepasta  1 ekstra groot eier, geklits

1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.      60ml gladde maaskaas

4 aartappels, geskil en in stukke gesny       50ml suurroom

50ml Cheddarkaas, gerasper  paprika

 

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.

Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck