SA Recipies

PRONTO SEEKOSPAELLA


PRONTO SEEKOSPAELLA

1 groot uie in blokkies gesny  10ml borrie

150g Russiese worsies, in dun skryfies gesny     1kg gevriesde Spanish Stir Fry

2–4 hoenderborsfilette, in dik skywe gesny   300g calmari ringe

300ml voorbereide vis- of hoenderaftreksel    10–15ml fyngekapte knoffel

400g gerookte skelvis, in blokkies gesny      300g garnale, afgedop (opsioneel)

gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen     250ml kersietamaties, in kwarte gesny

125ml grofgekapte basiliekruid of pietersielie

 

Verhit ‘n groot kastrol en spruit met olyfoliesproei. Voeg ui, borrie en worsies by. Soteer liggies, voeg hoender by en braai vir 30 sekondes. Voeg die roerbraai en aftreksel by, en meng goed en bedek. Laat 10 minute prut of tot roerbraai gaar is. Voeg vis en seekos laaste vier minute by. Vurk res van bestanddele liggies deur en bedien met ‘n kruieryke groen slaai en knoffelbrood.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck