SA Recipies

PRUIMEDANT BLATJANG - BLATJANG


PRUIMEDANT BLATJANG - BLATJANG

750ml asyn     5ml gemaalde gemmer

5ml gemengde speserye 5ml fyn kaneel

5ml droë mosterd    2.5ml brandrissie poeier

knypie gemaalde naeltjies      knypie gemaalde neutmuskaat

1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit       500g pitlose rosyne

600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny      500g suiker

500g wortels, geskil en grof gerasper    30ml sout

2 groot mango’s, geskil, ontpit, gesny in stukke 600g uie, geskil en gekap

 

Giet die asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg al die oorblywende  bestanddele by en roer goed. Bring weer tot kookpunt. Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur. Roer gereeld sodat die mengsel nie aanbrand nie. Kook blatjang tot dik. Wanneer jy ‘n lepel deur die mengsel trek en die twee kante stadig na mekaar toe loop is die blatjang reg. Wanneer die blatjang reg is, haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat oornag afkoel. Skep die volgende dag in botteltjies. Die deksels moet met plastiek uitgevoer wees, sodat die asyn nie met die deksel in aanraking kom nie. Bêre op ‘n droë plek. Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts