SA Recipies

RUSSIESE RISOTTO


RUSSIESE RISOTTO

2 uie, in ringe gesny      3 knoffelhuisies, fyngedruk

olie  1 groot soetrissie, in ringe gesny

4 seldery stingels, in ringe gesny 2 groot wortels, geskil, in dun ringe

3-4 Russiese worsies(Russians) in ringe gesny   4x250ml gaar rys of geelrys

sout en peper na smaak

 

Soteer die uie en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die soetrissie, seldery en wortel by  en roerbraai 5 minute of tot die groente net sag, maar nog effens bros is. Skep uit en braai die Russiese worsies in die pan tot gaar, voeg meer olie by indien nodig.Voeg die gaar rys en die groentemengsel by. Meng alles goed met sout en peper na smaak. Verhit tot lekker warm en dien op. Bedien 4 persone.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck