SA Recipies

SARDYNE MET GEELRYS


SARDYNE MET GEELRYS

500ml rou rys  10ml borrie

sout  1ui, in ringe gesny

5ml fyngedrukte knoffel   10ml fyngerasperde vars gemmer

1 groen soetrissie, in blokkies gesny    olie

1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny   250ml bevrore ertjies

1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny       425g sardyne in brandrissiesous 

 

Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer en hou eenkant warm. Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en gaar is. Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm. Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck