SA Recipies

SKAAPAFVAL - ANDER VLEIS DISSE


SKAAPAFVAL - ANDER VLEIS DISSE

1kg skaapafval (kop, pens en pootjies),skoongemaak 30ml kookolie

15ml botter 3 uie, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, gekneus     1 groen soetrissie, ontpit en gekap

10ml kerriepoeier    3 tamaties, geskil en gekap

30ml tamatiepasta  5ml sout

varsgemaalde swartpeper na smaak

 

Kook afval in soutwater vir 3 ure lank, of tot sag. Giet vloeistof af en hou net 250ml in kastrol agter. Soteer uie, knoffel en groenrissie in verhitte olie en botter. Voeg kerrie by en braai vir nog 'n minuut of twee. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 5-10 minute. Voeg die mengsel by die afval en prut vir nog 5 minute. Sit voor.

Lewer 6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck