SA Recipies

SOET SUUR HOENDERLEWERTJIES


SOET SUUR HOENDERLEWERTJIES

12.5ml olie     2 groot uie, in ringe gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny    1 rooi soetrissie, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekap     3x250g elk hoenderlewertjies, in

25ml asyn      groterige blokkies gesny

50ml blatjang  5ml worcestersous

sout en peper

 

Verhit die olie in ‘n groterige pan en soteer die ui, groen en rooi soetrissies en knoffel daarin tot sag. Voeg die hoenderlewertjies by en braai tot bruin van buite, maar nog pienkerig van binne.  Meng die asyn, blatjang en worcestersous en giet oor die hoenderlewertjies. Geur na smaak met sout en peper en verhit tot goed warm. Dien op saam met pasta. Lewer 4-6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck