SA Recipies

SPAGHETTI CARBONARA


SPAGHETTI CARBONARA

10ml olyfolie    1 knoffelhuisie, geskil

250g streepspek, in repies gesny  375g spaghetti

2 eiers     2 eiergele

60ml gerasperde parmesaankaas  sout en varsgemaalde swartpeper

 

Verhit olyfolie en knoffel in ‘n pan. Voeg spek by en soteer tot goudbruin en bros, ongeveer 5-10 minute. Verwyder die knoffel. Gebruik ‘n groot mengbak en klits die eiers, eiergele en parmesaankaas liggies saam. Geur met sout en peper. Kook intussen die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi ± 100ml van die kookwater by die eiermengsel. Voeg die spek met olie en al by die eiermengsel en meng. Roer laastens die spaghetti in en bedien onmiddelik, met ekstra parmesaankaas indien verkies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck