SA Recipies

Spek en lensiesop


Spek en lensiesop

6 repe swoerdlose strepiespek, gekap
4 snye witbrood, korsies afgesny
30ml botter
2 groot uie, fyngekap
4 groot wortels, gerasper
500ml oranje lensies, afgewas
3 selderystingels , punte verwyder, gekap
2 liter hoenderaftreksel
2 lourierblare
2ml gedroogde basiliekruid
15ml pietersielie, vars gekap
15ml suurlemoensap

 

Braai die spek vir 3 minute oor lae hitte. Haal uit die pan en hou
eenkant. Sny die brood in blokkies en sit by die vet in die braaipan.
Braai die brood tot goudbruin aan albei kante en hou eenkant. Verhit
die botter in 'n groot kastrol. Soteer die uie vir 2 minute. Voeg die
seldery en wortels by en kook vir 4 minute. Roer 2 keer. Voeg die
lensies, hoenderaftreksel, geurmiddels, lourierblare en basiliekruid by.
Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir ongeveer 2 uur lank
stadig prut. Roer af en toe. Roer die spek en pietersielie net voor
opdiening by. Laat 2 minute prut en sit dan voor met bereide croutons
bo-op.
Lewer 6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck