Hyperlinks




Afrikaans Gedigte

Stil aand

W. E. G. Louw


Stil aand

Vanaand het ek weer so verlang,
in grondelose vrees
van eie gryse eensaamheid,
dat jy by my moet wees,

dat ek die wye koeltes van
jou stem om my kan voel,
soos die rimp'ling van die somerreën
vervlugtig oor my spoel.

En toe ek deur die duister wind
wat oor my huisie waai,
die knip hoor lig, het heel my hart
in vreugde opgelaai

Nou sit ons voor die vuur en speel
die vlamlig deur ons hare
Laag waai die reënwind buite deur
die afgevalle blare.

Last updated: 21st February 2011 by http://www.stellenboschwriters.com/louww.html

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck