SA Recipies

TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK - BRAAISTUKKE


TANT FRIKA SE SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK - BRAAISTUKKE

6 skaapskenkels (opgesaagde skenkels werk ook, maar dit is baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel kry).

 

MARINADE:

3 groot uie fyn gesny      ½ koppie blatjang

½ teelepel fyn gemmer   2 huisies knoffel, fyn gekap

12.5ml heuning ½ koppie bruin asyn

½ koppie tamatiesous    25ml appelkooskonfyt

1 blokkie biefekstrak      5ml mosterdpoeier

'n knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie      sout en peper na smaak

25ml sjerrie

 

Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer. Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo- oor.  Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100C. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220C. Draai ná tien minute en bedruip weer.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck