SA Recipies

TUNA-EN-KAAS GEBAK


TUNA-EN-KAAS GEBAK

5 snye brood, in blokkies gesny    200g tuna, gedreineer en gevlok 

500ml bevrore broccoli, in stukkies gebreek  1 ui, fyn gekap

500ml Cheddarkaas, gerasper       6 eiers

750ml melk     5ml sout

5ml mosterdpoeier  vars gemaalde swartpeper na smaak

2ml gerasperde neutmuskaat knippie rooipeper

 

Voorverhit die oond tot 180C. Plaas 'n laag broodblokkies, tuna, broccoli, ui en kaas in 'n gesmeerde oondbak en herhaal die lae totdat dit alles opgebruik is. Klits die eiers, melk en geurmiddels saam en gooi dit bo-oor die lae. Bak dit sowat 60 minute lank in die voorverhitte oond totdat dit goudbruin is.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck