SA Recipies

VARKWORSIE-EN-RYSDIS


VARKWORSIE-EN-RYSDIS

560ml water     310ml rou witrys

5ml sout   10ml olie

25g gerookte varkworsies       1 groen soetrissie, gekap

1 rooi soetrissie, gekap  2 klein knoffelhuisies, fyn gedruk

215ml hoenderaftreksel   2ml vars gemaalde swartpeper

3 klein uitjies, baie dun gesny

 

Verhit 500ml van die water tot kookpunt en voeg die rys en sout by. Kook tot gaar, dreineer en stoom vir 10 minute. Hou eenkant. Terwyl die rys kook, verhit die olie in 'n swaarboompot en braai die wors daarin tot goudbruin en gaar. Skep uit en laat effens afkoel. Sny dan in bytgrootte stukkies. Braai die soetrissies in dieselfde pot tot sag. Skep die wors terug, voeg die knoffel by en braai vir 'n paar minute tot geurig. Voeg die aftreksel, swartpeper, uitjies en res van die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut tot die vloeistof amper afgekook is en 'n geurige sous in die pot vorm. Voeg die rys by en meng deur. Sit warm voor. Genoeg vir 6 mense.

Last updated: 16th August 2010 by Samestelling deur Anna Eksteen

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck