Hyperlinks




Afrikaans Gedigte

Verlange

Toon van den Heever


Verlange

Die son daal in glorie; basuine
Steek op in die hemel van kleur
En knetter oor rotse en duine,
Wat die troos van sy taptoe verbeur;
Die klowe word pers en die hange,
Die bergtoppe bloos in hul' prag;
Die wind blus die gloed en maak gange
Van groen en smarag.

Maar gee my 'n dag op die Hoëveld,
Waar 'n wilkerboom druip oor 'n voor,
Waar die rooi vesels spoel in die water
En die vinkneste wiegel daaroor.
Ek wil douspore trap op die kweekvlak,
Ek wil groen sien en skoon asemhaal;
Ek is sat van die dal van Giloam,
Waar net knoetsige boom'graamtes praal.

Last updated: 25th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck