SA Recipies

VISVINGERS OP RYS


VISVINGERS OP RYS

12 visvingers    125ml melk

60ml mayonnaise    250ml fyn gerasperde kaas

1ml rooipeper   25ml blatjang

12.5ml ui, gerasper 12.5ml soetrissie, fyn gekap

2.5ml sout       750ml gaar, warm rys

 

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in ‘n kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper en verhit. Roer 2 minute lank aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit totdat alles warm is. Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers.  Bedien die gereg warm.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck