Afrikaans Gedigte
Voel
W E G Louw
Voel
'n Voël vlieg voor my venster verby,
'n naalddun lyn wat daaroor gly
en die glas in twee vlakke sny;
die wêrelde val apart en bly
elk in sy enkelheid geskei
ek hierbinne, en daarbuite hy.