Afrikaans

Wat is daardie een vraag wat jy vir God sou wou vra


Wat is daardie een vraag wat jy vir God sou wou vra

'n Navorser het by geleentheid 'n studie gedoen om vas te stel dat as daar net een vraag is wat mense vir God sou kon vra, wat sou dit wees. Die standaard een was: "Hoekom is daar soveel swaarkry in die wêreld?" Onlangs het ek hieroor gepreek. Toe stuur Neels Jackson, wat tydens daardie diens in die kerk was, die volgende gedig vir my aan wat hy gaan skryf het. Dit het my so aangegryp dat ek dit vandag in die Goeie Nuus insluit:
 

Die Vraag

Die navorser het die net wyd gegooi: 
oor rasse en klasse, geslagte én geslagte. 
Van die stedelike toringblokke af tot 
waar 'n eensame rokie bo 'n afgeleë huis 
hemel toe reik, wou hy weet: 
As julle Hom een vraag kon vra...

Later het hy by sy tafel gesit, deur duisend 
papiere gewerk, response gerekenariseer, 
georden, geanaliseer. En uit dit alles 
het oorweldigend, één vraag gekristalliseer: 
Hoekom is die aarde so vol pyn en leed?

Die Vader het oor sy skouer geloer, 
gesug: "Dis wat ek van julle wou weet..."

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.

Last updated: 6th May 2015 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck