Hyperlinks




Afrikaans Gedigte

Woord en sin

J.C. Steyn


Woord en sin

Woorde is almal s'n,
nie net myne nie;
daar's geen heimlike opsie nie,
'k was te laat vir mineraleregte.
Maar delwe kan ons tog almal
dwarsdeur ons hele lewe deur;
buitendien en boonop
vir kleims is gehardloop
en vergange vir goud
'n kryg laat ontbrand.

Al wat myne is
is my sinne;
in sinne is alle woorde
mýne
waar ek my in kan verdiep
verborge gange oopgrawe
met geheimsinnige waters deursypel
om myne te verbind
met ander ryk domeine s'nne

Last updated: 25th February 2011 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck