SA Recipies

WORS EN GROENTE GEBAK


WORS EN GROENTE GEBAK

2 groen soetrissies, in dun repe gesny  2 medium uie, in dun skywe gesny

vet knoffelhuisies, grof gekap  8 kleinerige heel tamaties

10ml gedroogde orego    knippie fyn  brandrissievlokkies

30ml olyfolie   sout en varsgemaalde swartpeper

1kg boerewors, in 10cm-lengtes gesny gaar mieliepap om mee voor te sit

 

Voorverhit die oond tot 180C. Rangskik soetrissies, uie, knoffel en tamaties in ‘n mediumgrootte oondvaste bak. Sprinkel orego en brandrissie oor. Giet olie oor en meng deur. Geur mildelik met sout en peper. Verbruin die wors vinnig in ‘n bietjie olie in ‘n dikboompan, skep uit en rangskik bo-op die groentes. Bak ongeveer 20 minute lank tot die wors asook die groentes gaar is. (Rooster vinnig-indien nodig om verder te verbruin.  Sit voor saam met die mieliepap en skep van die pansouse oor. Lewer 5 – 6 porsies.

Last updated: 16th August 2010 by

Adverts

© 2024 Copyright, All Right Reserved - Winningduck